Die Streeptruie het oomblikke gelede met 28–19 teen Wildeklawer Akademie vasgeval in ’n spannende kragmeting. Die tuisspan het vroeg met drie vinnige drieë ’n 21–0 voorsprong opgebou. Dante Emke het voor rustyd gaan druk om die telling 21–7 te maak. In die tweede helfte het Standford Nieuwenhuizen en Shaydon Links ook gaan druk, maar beserings het momentum gekos. Ondersteuners prys die span se deursettingsvermoë en veggees.