Hoërskool Okiep se Klas van 2026 het gister die voorreg gehad om toegespreek te word deur Mnr. Mweli, Direkteur-Generaal van Basiese Onderwys. Hy het vyf belangrike “nuggets” met matrikulante gedeel om hul sukses in die matriekeindeksamen te ondersteun. Mnr. Mweli is vergesel deur amptenare van die plaaslike distrikskantoor en die provinsiale Departement van Onderwys. Die skool het waardering uitgespreek vir die besoek en motivering.