Hoërskool Concordia se O19-dogters het in hul laaste wedstryd gister met 14–20 teen HS Gariep vasgeval in ’n spannende en mededingende kragmeting. Die span het die week waardevolle blootstelling teen sterk opposisie opgedoen tydens die Wildeklawer-toernooi. Die skool het spelers geprys vir hul deursettingsvermoë, samehorigheid en trots. Dank is ook uitgespreek aan Monique Engelbrecht en Cameron Dyers vir hul ondersteuning.