Na drie dae van harde rugby het Hoërskool Concordia se besoek aan die Wildeklawer-week tot ’n einde gekom. Ondanks ’n nederlaag teen HS Danielskuil het die span sterk meegeding. Standford Nieuwenhuizen en Miguel Fitzpatrick is as spelers van die wedstryd aangewys. Olwethu Hono en Shaydon Links het ook toekennings ontvang. Die skool wens beseerde spelers spoedige herstel toe.