Die Khâi-Ma Munisipaliteit het hierdie week begin met openbare deelnamevergaderings oor die hersiene Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (IDP) en die munisipale begroting vir die volgende drie boekjare.

Die vergaderings, wat in gemeenskappe soos Pella, Onseepkans, Witbank, Aggeneys en Pofadder gehou word, gee inwoners die geleentheid om hul stem te laat hoor oor kwessies soos dienslewering, infrastruktuur en plaaslike ontwikkelingsprioriteite.

Die proses word as belangrik beskou omdat die insette van inwoners ’n direkte invloed kan hê op toekomstige projekte en hoe fondse in die munisipale gebied bestee word.