Motoriste in Namakwa word gewaarsku dat die Rooipad na Kleinzee-pad, bekend as DR2964 via Komaggas, voorlopig gesluit word weens gevaarlike rytoestande.
Die Departement van Paaie en Openbare Werke sê die pad het modderig en glyerig geraak, wat ’n veiligheidsrisiko vir padgebruikers inhou. Spanne is tans besig met die afsluitingsproses.
Padgebruikers word intussen versoek om die alternatiewe roete via die Witpad na Buffelsrivier-pad, MR745, te gebruik.
Motoriste word ook aangemoedig om padtekens te gehoorsaam en versigtig te bestuur aangesien nat toestande steeds in dele van Namakwa voorkom.