Die finale rondte van die DSAC O17-distrikskompetisie is by Bergsig beslis waar die span ’n sterk vertoning gelewer het. Bergsig het Alexanderbaai met 4–1 verslaan nadat hulle rustyd 1–0 agter was. Doele is deur Malcolm van Neel, Devann Cloete en John Engelbrecht aangeteken. In hul volgende wedstryd het Port Nolloth met 2–0 gewen. Drie Bergsig-spelers is vir finale proewe gekies, terwyl Siyabonga Mahlangu uiteindelik in die Namakwa-distrikspan opgeneem is vir verdere proewe in Kimberley.