Leerders van SA van Wyk het gister die geleentheid gehad om die Kangnas Windplaas te besoek as deel van voorbereiding vir ’n distrikswye kompetisie wat deur Kangnas aangebied word. Die besoek het waardevolle insig gebied oor hoe windturbines en skoon energie-opwekking funksioneer. Volgens die skool het die ervaring kreatiwiteit en entoesiasme onder die deelnemers aangewakker. Eugenio en Petronicia sal die skool in die kompetisie verteenwoordig. Die skool het die twee leerders sterkte toegewens en vertroue uitgespreek dat hulle die SA van Wyk-vlag hoog sal hou.