Inwoners van Springbok, Bergsig, Matjieskloof en Fonteintjie was gister deur 'n kragonderbreking geraak nadat 'n fout op die netwerk voorgekom het.

Die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit het inwoners in n openbare kennisgewing hiervan ingelig en  hulle herinner om alle elektriese toestelle tydens kragtoevoer probleme as lewedig te beskou.