Die Departement van Binnelandse Sake het bevestig dat hy nie ’n gekonsolideerde register van Suid-Afrikaners met dubbele of veelvuldige burgerskap hou nie.

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het dié verduideliking gegee nadat die ATM se parlementslid, Vuyo Zungula, navraag gedoen het oor die aantal Suid-Afrikaners wat ook burgerskap van ander lande besit.

Schreiber sê die gebrek aan ’n sentrale register is nie die gevolg van swak administrasie nie, maar spruit uit die huidige grondwetlike en wetlike raamwerk waarbinne die departement funksioneer.