Die Richtersveld Munisipaliteit het 'n belangrike stap geneem in sy beplanning vir die komende jaar nadat die raad die finale 2026/27-begroting goedgekeur het.

Die besluit is tydens 'n gewone raadsvergadering in Lekkersing geneem, waar burgemeester Cornell Knoph die begroting ter tafel gelê het. Die begroting is met die steun van die ANC, DA en NEF aanvaar.

Die goedgekeurde begroting vorm die grondslag vir die munisipaliteit se finansiële bestuur en diensleweringsplanne in die nuwe boekjaar.