Die Noord-Kaapse Hooggeregshof het ’n saak tussen die Noord-Kaapse Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake en die Sol Plaatje Munisipaliteit uitgestel tot ’n datum wat nog aangekondig sal word. LUR Bentley Vass het die hof genader vir ’n verklarende bevel om ’n virtuele spesiale raadsvergadering van April ongeldig te verklaar. Die munisipaliteit betwis intussen die wettigheid van Artikel 139 van die Grondwet. Sol Plaatje is in Mei 2026 onder administrasie geplaas ná verskeie mislukte raadsvergaderings.