Die Namakwa Distriksmunisipaliteit het onlangs aan ’n tweedaagse werksessie in Kaapstad deelgeneem wat gefokus het op Voluntary Local Reviews (VLR's) en volhoubare ontwikkeling.
Die sessie, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (SALGA), het munisipale verteenwoordigers, beplanners en ontwikkelingsvennote byeengebring om kennis te deel en munisipaliteite se rol in die bevordering van volhoubare ontwikkeling te versterk.
Volgens Statistieke Suid-Afrika help die inisiatief plaaslike regerings om ontwikkelingsvordering beter te monitor en daaroor verslag te doen.