Die Richtersveld Munisipaliteit wil inwoners inlig dat een van ons rioolvragmotors ongelukkig onklaar geraak het en tans in die herstelstadium is. Op die oomblik is slegs een vragmotor beskikbaar om die gemeenskap te bedien. Ons doen ons uiterste bes om enige agterstande in die leegsuig van riooltenks te beperk. Tog kan reaksietye langer wees as gewoonlik gedurende hierdie tydperk. Ons vra u vriendelike geduld en begrip terwyl ons werk om die situasie so vinnig as moontlik oplos Baie dankie samewerking