Leerders van Concordia kry môre die geleentheid om meer te leer oor die geskiedenis van St. Helena-inwoners wat meer as ’n eeu gelede na Namakwa gekom het om in die kopermyne te werk.

Die dokumentêre film Mining Memories, vervaardig deur Daniel Yon, word Dinsdag om 12:00 aan leerders vertoon. Die film ondersoek die reis van St. Helena-werkers na Concordia en die nalatenskap wat hul afstammelinge vandag nog in die streek laat voortleef.

’n Tweede vertoning vir die breër gemeenskap word dieselfde dag om 14:00 in die konferensiekamer van die Concordia-gemeenskapsaal aangebied.

Die projek werp lig op die historiese bande tussen St. Helena, Port Nolloth en Concordia, en bied inwoners die geleentheid om meer oor hul familie- en gemeenskapsgeskiedenis te ontdek.