Die Hoërskool SA van Wyk het rede om trots te wees nadat Rewano Saal en Adelay Isaaks deurgedring het na die Top 30 van die nasionale entrepreneurskompetisie, Maak My ’n Miljoenêr. Die kompetisie bevorder entrepreneurskap onder Suid-Afrikaanse jeug deur mentorskap, opleiding en praktiese uitdagings. Die twee leerders sal gedurende die Julie-vakansie aan landswye sake-uitdagings deelneem. Die Top 20 deelnemers sal later aangekondig word, waarna hulle in die ViaTV-reeks sal verskyn wat vanaf 24 Augustus uitgesaai word.