Die Namakwa Distriksmunisipaliteit het sy dank en waardering uitgespreek teenoor Santam vir die skenking van persoonlike beskermende klere en uniforms aan brandbestryders in die distrik. Die munisipaliteit sĂȘ die toerusting sal die veiligheid, paraatheid en professionaliteit van brandbestrydingspanne versterk terwyl hulle gemeenskappe dien en beskerm. Volgens die munisipaliteit speel vennootskappe soos hierdie 'n belangrike rol in die verbetering van nooddienste en verseker dit dat brandbestryders oor die nodige toerusting beskik om hul werk veilig en doeltreffend te verrig.