Leerders van die Eko-klub by Concordia Primêr het Woensdag praktiese ervaring in voedselproduksie opgedoen toe hulle groente by die gemeenskap se sportgronde geplant het.

Volgens die skool het die leerders aktief aan die projek deelgeneem en meer geleer oor die belangrikheid van volhoubare voedselverbouing en omgewingsbewaring. Die inisiatief is moontlik gemaak met die ondersteuning van voormalige skoolhoof, mnr. Pietie Cloete.