Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid sê gesondheidsfasiliteite regoor die provinsie is gereed vir die winter se griepseisoen en waarsku inwoners teen vals gesondheidsinligting op sosiale media.

Hoërisikogroepe, waaronder swanger vroue, bejaardes, mense wat met MIV leef en persone met chroniese siektes, word aangemoedig om hul griepinenting by hul naaste gesondheidsfasiliteit te ontvang.

Volgens die departement is voldoende entstofvoorraad beskikbaar by fasiliteite regoor die Noord-Kaap, insluitend die Dr Izak van Niekerk Hospitaal en die Abraham Esau Hospitaal in Namakwa. Die departement sê daar is geen rede vir paniek oor die beskikbaarheid van entstowwe nie.