Die SAPD in Steinkopf ondersoek die dood van ’n 25-jarige man wat Woensdagaand by ’n woning in Brecherweg aangetref is.

Polisiebeamptes is omstreeks 23:30 na die toneel ontbied, waar die man reeds oorlede gevind is. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen en ’n nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die oorsaak van dood te bepaal.

Die polisie doen ’n beroep op enigeen met inligting om die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Elridge Losper, of die SAPD se Crime Stop-lyn te kontak. Die ondersoek duur voort.