Hoërskool Concordia het verlede Vrydag die 50ste herdenking van die Soweto-opstand van 1976 herdenk. Die skoolkantoor is met kerse, foto's en die Suid-Afrikaanse vlag versier om die betekenis van Jeugdag uit te beeld. Die program is deur die prinsipaal, me. M. Stone-Coetzee, geopen, gevolg deur boodskappe van die hoofleiers. Jean-Péte Smith het ’n toespraak oor die geskiedenis van 16 Junie gelewer, terwyl Wihan Gribble die verrigtinge met sy gedig Die Stem van Soweto afgesluit het. Die geleentheid het die belangrikheid van jeugbemagtiging beklemtoon.