Meer as 1 500 werkers by die Finsch-diamantmyn in die Noord-Kaap het hul gereedskap neergelê nadat aangekondig is dat die myn onder sakeredding geplaas gaan word. Die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) sê werknemers is vroeër verseker dat Junie-salarisse betaal sou word. NUM-taksekretaris King Serebolo het ernstige kommer uitgespreek oor veiligheidstoestande by die myn. Hy sê die bestuur kan nie langer waarborg dat werkers veilig ondergronds sal werk nie. Die unie eis ook dat werknemers hul salarisse op 25 Junie ontvang soos voorheen belowe is.