Die SAPD in Hondeklipbaai het saam met die House of Influence Jeuggroep 'n Jeugdagviering aangebied wat jongmense en verskeie belanghebbendes byeengebring het. Die program het sport, poësie, dans, kuns en groepsgesprekke ingesluit. Sersant Marlon Cloete van Kleinsee SAPD het sy getuienis oor die oorkoming van dwelmmisbruik gedeel en die jeug geïnspireer om positiewe keuses te maak. Jongmense is aangemoedig om misdaad en sosiale probleme te help bekamp en aktief by gemeenskapsveiligheid betrokke te raak.