Die Nama Khoi Munisipaliteit het aangekondig dat verskeie betaal- en dienspunte op 30 Junie vroeër sal sluit om die finansiële jaarafsluiting af te handel.
Dienspunte in Concordia, Okiep, Steinkopf, Nababeep, Buffelsrivier, Komaggas en Kleinzee sluit vanaf 10-uur, terwyl die Springbok-dienspunt en munisipale verkeerkantore vanaf 11-uur sal sluit.
Inwoners word aangeraai om betalings en ander munisipale sake betyds af te handel om ongerief te voorkom. Normale dienste hervat die volgende dag.