Die LUR vir CoGHSTA in die Noord-Kaap, Bentley Vass, het saam met Hantam-burgemeester Koos Alexander 25 nuwe huise aan begunstigdes van die Calvinia 200 Behuisingsprojek oorhandig. Die oorhandiging bring die totale aantal voltooide huise op 126 te staan. Die projek vorm deel van die provinsie se R1 miljard-behuisingsinisiatief. Vass het inwoners aangemoedig om 'n naam vir die nuwe woongebied en sy strate voor te stel. Hy het ook begunstigdes versoek om saam met die munisipaliteit te werk om informele strukture op hul erwe geleidelik te verwyder.