Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Noord-Kaap het inwoners wat aan protesoptogte teen ongedokumenteerde buitelandse burgers deelneem, versoek om vreedsaam op te tree. Omvattende operasionele planne is volgens die polisie in plek om veiligheid te verseker. Enige geweld, intimidasie, eiendomskade, xenofobiese optrede of ontwrigting van noodsaaklike dienste sal streng hanteer word. Die Kimberley-optog sal na verwagting by die Kemo Hotel begin en na Premier Zamani Saul se kantore beweeg.