Vier mense is dood en een beseer in 'n kop-aan-kop botsing tussen 'n bakkie en 'n sedan op die R380 buite Hotazel in die Noord-Kaap. Volgens voorlopige inligting het die sedan drie insittendes gehad wat almal op die toneel gesterf het, terwyl die passasier van die bakkie ook oorlede is. Die bestuurder van die bakkie is beseer en ontvang behandeling in die hospitaal. Die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag.