Noord-Kaapse mynhuise het saam met die regering 'n vennootskap gesluit om wateruitdagings in die Gamagara Munisipaliteit by Kathu aan te spreek. Meer as R15 miljard sal oor die volgende dekade in die verbetering van die Vaal-Gamagara-grootmaatwatervoorsieningskema belĂȘ word. Die projek sluit ook die bou van 'n nuwe reservoir in om watervoorsiening te verbeter. Adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, het die projek besoek om toesig te hou en 'n vorderingsverslag oor die implementering te ontvang.