Konstruksiewerk aan die R382 tussen Alexanderbaai en Port Nolloth begin op 20 Julie as deel van SANRAL se periodieke instandhoudingsprogram.
Volgens 'n kennisgewing aan inwoners sal die eerste fase op Hoofweg plaasvind en sluit dit padherstelwerk, stormwaterdreinering, sypaadjies, parkeerareas en verbeterings aan padkruisings in. Die projek sal na verwagting teen Mei 2027 voltooi wees.
Inwoners is versoek om enige voorwerpe binne die padresewe teen 19 Julie te verwyder. Toegang tot eiendomme sal gedurende die konstruksietydperk behou word.