Drie mans sal  binnekort in die Garies-landdroshof verskyn nadat hulle gister in hegtenis geneem is vir die besit van vermoedelik gesteelde koper-, aluminium- en Eskom-elektriese kabels.

Volgens die SAPD het Garies-polisie omstreeks 09:00 op inligting gereageer oor 'n wit Ford Ranger-bakkie wat vermoedelik gesteelde kabels in die rigting van Kaapstad vervoer het. Die voertuig is opgespoor, na die Garies-polisiestasie begelei en deursoek, waar verskeie sakke met vermoedelik gesteelde koper-, aluminium- en Eskom-kabels gevind is.

Drie mans, onderskeidelik 38, 48 en 50 jaar oud, is in hegtenis geneem. Die bakkie is ook as deel van die ondersoek gekonfiskeer. Die herwonne materiaal het 'n geskatte waarde van sowat R23 154.