Hoërskool Namakwaland se graad 11-leerder, Shemondry Cloete, is as die beste Rekeningkunde-leerder aangewys tydens die SAICA Mathematics Development Camp wat van 29 Junie tot 4 Julie 2026 in Upington aangebied is. Die kamp het talentvolle leerders van verskeie skole bymekaar gebring om hul wiskundige en rekeningkundige vaardighede te ontwikkel. Shemondry se prestasie getuig van harde werk, deursettingsvermoë en toewyding. Die Bokkie-gemeenskap is trots op sy besondere prestasie en wens hom alle voorspoed toe vir sy toekomstige studies.