Hoërskool Concordia het tydens die Namakwa Distrik se District Well-Done-funksie verskeie toekennings ontvang vir uitstekende NSS-uitslae in die 2025-eksamen. Opvoeders Amor Jacobs, Consuelo Basson, Vania Cloete, Denzil Jonas en Marsha Jones is vereer vir hul vakprestasies. Mnr. Denzil Jonas het ook 'n spesiale trofee ontvang nadat die skool se RTT-uitslae as die beste in Namakwa en derde beste in die Noord-Kaap aangewys is. Die skool het ook 'n toekenning vir diversiteit ontvang.