Hoërskool S.A. van Wyk het verskeie toekennings tydens die Noord-Kaapse Departement van Basiese Onderwys se Well Done-toekenningsfunksie ontvang. Die skool is aangewys as een van die mees diverse skole en het die eerste plek in die Namakwa-distrik vir uitnemende NSS-prestasies behaal. Verskeie opvoeders is ook vir hul vakprestasies vereer, terwyl mnr. N. Carlson as wenner van die National Teaching Awards vir Fisiese Wetenskappe in die Namakwa-distrik aangewys is.