Hoërskool Concordia se atlete het puik gevaar by die Nama Khoi-landloopkompetisie wat vroeër vandag op die Concordia Sportgronde plaasgevind het. Verskeie atlete het podiumplekke behaal en vir die Namakwa Distrik-landloopkompetisie gekwalifiseer. Die skool het sy trots uitgespreek oor die atlete se uitstekende prestasies en mnr. Brondean Taylor en me. Talita van Wyk bedank vir hul toewyding en ondersteuning. Die kwalifiserende atlete is alle sterkte vir die volgende ronde van die kompetisie toegewens.