Twee VRL-lede van Hoërskool Concordia, Angelique Gideon (Graad 10A) en Tazneam Farmer (Graad 10B), neem dié naweek aan die Golekane Girls Camp by Boontjieskraal, Kimberley, deel. Die program fokus op die ontwikkeling van leierskap- en mentorskapvaardighede en bied jong vroueleiers waardevolle leerervarings. Die skool wens die twee leerders sterkte toe en vertrou dat hulle met nuwe kennis, inspirasie en sterker leierskapsvaardighede sal terugkeer om die Blouvlam-gees met trots uit te leef.