Hoërskool Concordia is trots op hul skool se skaakkaptein, Katelynn van Rooi, wat uitstekend gevaar het tydens ’n Namakwa-skaaktoernooi op Steinkopf. Die toernooi het as voorbereiding vir die komende Northern Cape Closed Championship in Kathu gedien. Skaakspelers van verskeie Namakwa-gemeenskappe het deelgeneem. Katelynn het ’n indrukwekkende vierde plek algeheel behaal en was ook die beste speler in die O/16-dogtersafdeling. Die kampioenskap vind van 21 tot 23 Augustus in Kathu plaas.