Hoërskool Concordia bedank me. Zynonisa Diergaardt, Besigheidstudies-onderwyser aan Hoërskool Namakwaland, vir haar waardevolle ondersteuning tydens die skool se Inhok-sessie. Sy het dié naweek haar tyd en kundigheid met die matriekleerders gedeel en gehelp om belangrike kwartaalinhoud af te handel. Haar ondersteuning het die leerders verder op koers gehou met hul eksamenvoorbereiding. Die skool waardeer haar bereidwilligheid om die ekstra myl te loop en in leerders se sukses te belê, terwyl hulle uitsien na juf. Leonora se terugkeer.