Die Hoërskool SA Van Wyk se o.15-netbalspan, die Rooikatte, is op pad na Pretoria om aan die Kay Motsepe-liga deel te neem.
Die span, onder leiding van Juffrou LK Rossouw, gaan hul skool en gemeenskap op die nasionale verhoog verteenwoordig.
Die Rooikatte hoop om met hul talent, spanwerk en veggees ’n sterk vertoning te lewer.