Die rol en verantwoordelikheid van vroue in blou is gister tydens Radio NFM se Meet and Greet bespreek.

Kapelaan Marsha Baard het tydens die gesprek met kaptein Ivan Magerman die bydrae van polisievroue tot misdaadvoorkoming, operasionele werk en leierskap beklemtoon.

Baard het polisievroue ook gemaan om verantwoordelik op sosiale media op te tree en hul professionele reputasie te beskerm.