Matriekleerders van Hoërskool Namakwaland se Motorkunde-klas het onlangs waardevolle praktiese ervaring by Super Quick opgedoen. Die leerders het meer geleer oor wielsporing en die praktiese toepassing van hul motorkundekennis. Die skool het die Super Quick-span bedank vir hul professionele ondersteuning, kundigheid en bereidwilligheid om leerders aan die motorbedryf bloot te stel. Volgens die skool is sulke geleenthede belangrik vir die ontwikkeling van tegniese vaardighede en voorbereiding vir toekomstige loopbane. Die skool het ook die span bedank vir die gratis koeldrank wat aan die leerders verskaf is.