Die Kuruman-streekhof het ’n 19-jarige man, Aobakwe Fobbs, tot drie jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die poging tot moord op twee mans. Fobbs het hulle twee jaar gelede na bewering met ’n mes naby ’n taverne in Sedibeng, Kuruman, gesteek. Die hof het hom skuldig bevind aan twee aanklagte van poging tot moord en een van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Vyf jaar van sy agtjaarvonnis op elke poging-tot-moord-aanklag is vir vyf jaar opgeskort.