Die polisie in die Noord-Kaap het ’n beroep op die publiek gedoen om te help met die opsporing van ’n verdagte wat na bewering ’n 62-jarige man in Kimberley noodlottig gesteek het. Die slagoffer het glo probeer ingryp tydens ’n woordewisseling nadat ’n jong vrou, wat na bewering aangerand is, na sy hok gehardloop het om hulp te soek. Die verdagte is geïdentifiseer as Shadrack Makoosi, ook bekend as “Pain”, en word vermoedelik van Lesotho afkomstig te wees.