Graad R-leerders van Carolusberg Primêre Skool het Radio NFM besoek as deel van hul beroepsweek. Onder leiding van mnr. Wystan Cloete het die leerders kennis gemaak met verskeie beroepe. Tydens hul besoek het hulle saam met Tannie Samantha tydens Stuur ’n Briefie op die lug gekuier en luisteraars gegroet. Mnr. Strauss het hulle ook oor Loslitdag ingelig en tien vrae gevra, waarna elke leerder ’n plakker gewen het. Die besoek was vir die jong leerders ’n opwindende en onvergeetlike ervaring.