Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys het saam met wetstoepassingsagentskappe ’n bedrogvoorkomings-, opsporings- en rapporteringswerkswinkel by Laerskool Upington aangebied. Die Valke, SIU, Staatsdienskommissie, Etiekbestuurseenheid en Provinsiale Tesourie het aan die inisiatief deelgeneem. Prinsipale, departementshoofde, kringbestuurders, skoolbeheerliggame en distriksbestuurspanne is ingelig oor korrupsierisiko’s, etiese verpligtinge, integriteit en rapporteringskanale. Die werkswinkel is daarop gemik om deursigtigheid, etiese leierskap en verantwoordbaarheid binne die onderwyssektor te versterk.