Hoërskool Concordia se Lucio Cloete en Rayden-Lee van Neel het die afgelope naweek die skool by die o.16-interdistrik-plattelandse krieketproewe in Prieska verteenwoordig. Saam met Caleb Warne en Olwam Mdlalana van HSN het hulle hul vaardighede teen spelers uit ander streke getoets. Weens nat weer en sterk wind kon die wedstryde nie plaasvind nie, maar die keurders het die spelers tydens ’n oefensessie beoordeel. Hoewel geen streekspeler gekies is nie, het Lucio en Rayden-Lee waardevolle ervaring opgedoen.