Internasionale Geletterdheidsdag is op 8 September wêreldwyd gevier, met die fokus op die belangrikheid van kennis en vaardighede. Hoërskool Concordia se Blouvlamme het onlangs hul geletterdheidsvermoë op verskeie terreine ten toon gestel. Jaylene Thomas (Gr. 9) het tydens die WOW Distrikspelfees tweede geëindig en dring deur na die provinsiale spelfees in Upington. Verskeie leerders het ook aan die FSCA Financial Literacy Speech Competition deelgeneem, waar Han-Lee Cloete as skoolwenner op distriksvlak verteenwoordig het.