Eskom se beplande kragonderbreking in dele van Namakwa en die Richtersveld is uitgestel.

Die onderbreking was nodig vir die installering van ’n omleiding by die Groeipunt-transmissiesubstasie en sou verskeie dorpe en nedersettings raak.

Eskom het nog nie ’n nuwe datum vir die werk aangekondig nie. Inwoners word versoek om op hoogte te bly van verdere kennisgewings.