Die Gemeenskapsdienste-afdeling van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit bied op 11 September, ’n skoonmaakveldtog by die Bergsig-stortingsterrein aan.

Regeringsdepartemente en gemeenskapslede is genooi om deel te neem. Die veldtog fokus op die verbetering van die terrein se netheid en die bevordering van verantwoordelike afvalbestuur.