Radio NFM het saam met Vibru Produksies ’n Kuns- en Kultuurprogram ondersteun wat daarop fokus om plaaslike jongmense geleenthede te bied om hul kreatiwiteit te ontwikkel en nuwe vaardighede aan te leer. Programkoördineerder Vito Heyn het op Radio NFM oor die program gesels. Hy het die doelwitte, beskikbare geleenthede en verwagte impak op die gemeenskap bespreek. Die inisiatief poog om jong talent te bemagtig, kreatiewe deelname te bevorder en ’n platform te skep waar jongmense hul potensiaal kan ontwikkel.