Die Kamiesberg Munisipaliteit is tans besig om spoedwippe in Garies se Hoofstraat te installeer as deel van pogings om voertuigspoed te beperk en padveiligheid te verbeter.
Die maatreël is daarop gemik om die veiligheid van voetgangers, inwoners en ander padgebruikers te bevorder.
Motoriste word versoek om die spoedbeperkings en padtekens te gehoorsaam en versigtig te bestuur wanneer hulle die gebied nader.